Welkom by
FSAT

OOR FSAT
By FSAT is ons passie om topgehalte opleiding te bied wat studente bemagtig met praktiese vaardighede en professionele kennis. Ons spesialiseer in verskeie opleidingsprogramme wat wissel van gevorderde hommeltuigopleiding tot veiligheidsdienste, noodhulp en brandopleiding.
Ons streef daarna om elke student se potensiaal te ontsluit deur nie net opleiding te gee nie, maar ook werklike waarde toe te voeg tot hul loopbane in die lugvaart- en veiligheidsbedrywe.
By FSAT gaan opleiding verder as net ’n sertifikaat – dis ’n belegging in jou toekoms. Of jy nou ’n hommeltuigvlieënier, sekuriteitsbeampte of eerstehulpverskaffer wil wees, ons is hier om jou elke stap van die pad te ondersteun.
Wat is die
Afriforum-veiligheidsopleidingstudietrust?
Forum Sekuriteit stel die AfriForum-veiligheidsopleidingstudietrust bekend in samewerking met FSAT en Solidariteit Helpende Hand. Hierdie studietrust fokus op hommeltuigopleiding.
’n Afstandsvlieënierslisensie is ’n lisensie wat vereis word vir kandidate om hul professionele hommeltuigvlieëniersloopbaan te begin. Die kursus bestaan uit twee dele en is in drie afdelings verdeel: teorie, prakties en ’n vaardigheidstoets.
Die praktiese vliegtoets bestaan uit drie ure werklike vliegtyd waartydens die instrukteur ’n reeks oefeninge met die kandidate voltooi. Bekwame kandidate sal dan deur die instrukteur aanbeveel word om hul vaardigheidstoets te voltooi.
Skenk en belê vandag in die toekoms!
Jy kan help.
Solidariteit Helpende Hand sal elke bydrae op ’n rand-tot-rand-grondslag verdubbel.




























